Local newsNews

Verkiesing se telbord bring verrassings

Vanjaar se verkiesing het ’n hele aantal verrassings ingehou.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se syfers het daar altesame 50 880 mense in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit (wat Vaalwater insluit) geregistreer.

Altesame 33 455 van hulle het gaan stem en onder hulle was daar 816 bedorwe stembriewe.

Die ANC het 19 128 (oftewel 58,60%) van die stemme gekry. Die DA het 5 798 (17,76%) stemme gekry en die EFF 3 609 (11,06%). Altesame 3 255 (9,97%) mense het hul kruises agter die VF Plus getrek.

Van die ander partye wat voor die verkiesing mediahooftrekke gehaal het, het nie goed in dié munisipaliteit gevaar nie.

Black First Land First (BFLF) het net sewe stemme verwerf en Patricia de Lille se Good-party het 15 stemme verwerf.

Modimolle en Mookgophong was tydens die 2014 nasionale verkiesing nog aparte munisipaliteite. Daar was toe gesamenttlik 47 912 geregistreerde kiesers waarvan 33 789 stemme uitgebring is. Die stemuitslae het toe só daarna uitgesien in Mookgophong: die ANC het 6 969 stemme (60,11%) gekry, die DA 2 132 stemme (18,39%), die EFF 1 195 stemme (10,31%) en die VF Plus het 1 049 stemme (9,05%) gekry. In 2014 het die stemme in Modimolle só gelyk: Die ANC het 14 306 stemme (65,66%) gekry, die DA 3 991 stemme (18,32%), die EFF 1 907 (8,75%) en die VF Plus 1154 (5,30%.

Rufus Mahoro, hoofsweep van die ANC in die munisipale raad, het aan Die Pos gesê dat sy party uitsonderlik goed gedoen het. “Die mense het gewys dat hulle die ANC liefhet. Ons gaan dié munisipaliteit weer vir die ANC opeis. Die mense kla dat daar nie goeie dienslewering is nie en dat hulle probleme ervaar met die water, slaggate en infrastruktuur,” het hy gesê.

Marlene van Staden, DA-burgemeester van dié munisipaliteit, het gesê dié party groei onder swart kiesers in die Waterberg. “Ons het beslis steun afgestaan aan die VF Plus, Cope en die ACDP en ons gaan introspeksie moet doen oor hoekom Afrikaanse kiesers van die DA vervreem geraak het. Die belangrikste ding is om nou te luister na die kiesers en te fokus op 2021. Ons sal aandag gee aan dienslewering en mense aanmoedig om te registreer om in die volgende verkiesing te stem,” het sy gesê.

Karel Niewenhuis, adjunk- provinsiale leier van die VF Plus, het gesê sy gereelde briewe in Die Pos se briewekolom het volgens hom beslis ’n impak gehad.

“Ons groot werk lê voor — ons gaan nou voluit vir die 2021-verkiesing.”

Die party het ná hul noemenswaardige groei vir die eerste keer ’n posisie in die provinsiale wetgewer wat deur die provinsiale leier, Marcel Maritz, beklee sal word.

Lebogang Monaheng, die Waterbergstreeksvoorsitter van die EFF, het gesê sy party bedank die kiesers wat vir hulle gestem het.

“Ons het ons ondersteuningsbasis vergroot en sal aanhou om die mense in die Waterberge met die respek en liefde wat hulle verdien, te dien. Ons is trots op die werk wat ons vrywilligers en ander mense in die omgewing gedoen het,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button