Local newsNews

Mnr. Suid-Afrika-finalis uit die Waterberg

Jy hoef nie soos ’n model te lyk om ’n rolmodel te wees nie, is die slagpreuk van vanjaar se Mnr. Suid-Afrika-kompetisie.

Modimolle-boorling Hanno Eysell, wat onder die toptwintigdeelnemers is, glo heelhartig hierin.

“Ek is baie opgewonde daaroor om een van die toptwintig te wees. Dit het baie harde werk geverg om tot op hierdie punt te kom,” het hy gesê.

Deelnemers aan die kompetisie moes verskeie uitdagings voltooi wat wissel van bemarkingsopdragte tot liefdadigheidsprojekte. Plaaslik het Eysell ’n projek “Put a smile on a face” by laerskole in Phagameng aangepak.

“Ek is baie dankbaar vir al die inwoners van Modimolle wat vir my gestem het — die meeste van my stemme kom vanuit my tuisdorp,” het Eysell gesê. Die publiek kan vir hul gunstelingdeelnemer stem deur sy unieke nommer na tel. 40439 te SMS. Eysell se nommer is “MRSA16”.

Die datum van die finaal sal eersdaags aangekondig word, het hy gesê.

  • Die kompetisie was die afgelope week warm in die kuberruim nadat die publiek die foto’s van die toptwintigkandidate gekri-tiseer en gesê het die aanbieding laat hulle soos “misdadigers se polisiefoto’s” lyk.Eysell het laggend gereageer en gesê dat dié storm in ’n teekoppie baie media-aandag uitgelok het. “My Facebook-bladsy is ewe skielik baie besig. Ek wou aan die kompetisie deelneem nadat ’n voormalige Mnr. Suid-Afrika ons skool besoek het en hy baie inspirerend was. Ek wil nie ’n mansmodel wees nie, maar eerder ’n modelman,” het Eysell gesê.

    Die wenner van die kompetisie word op Sondag 31 Maart in Kaapstad aangewys.

Related Articles

Back to top button