Local newsNews

Hof se hulp ingeroep ná grondbesetting in Modimolle

’n Groep mense is sedert Saterdag 27 April besig om ’n stuk grond in Modimolle, wat blykbaar deels aan Transnet behoort, skoon te maak en af te baken om onwettige huise op te rig.

Die stuk grond is naby Uitbreiding 10 geleë.

Inwoners in die omgewing van Alf Makalengstraat het ontsteld gereageer en gevra dat daar opgetree moet word voordat die grondbesetters te veel word.

Hulle was bekommerd oor die invloed wat grondbesetters op hul veiligheid en eiendomswaardes kan hê.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, behoort 80% van die grond aan Transnet en die res aan die munisipaliteit.

“Transnet het ons laat weet dat hul regspan en ’n veiligheidspan op pad is na Modimolle. Sodra ons besluit het hoe om die saak te hanteer, sal ons saam teen die grondbesetters optree,” het sy op Maandag 29 April aan Die Pos gesê.

Inwoners se vrese spruit daaruit dat grondbesetters wat vroeg in 2017 erwe op ’n nabygeleë stuk grond, ook naby Uitbreiding 10 en langs die stortingsterrein, beset het, nié verwyder is nie ten spyte daarvan dat ’n hofbevel teen hulle bekom is.

Die munisipale raad het tydens ’n vergadering ’n besluit geneem dat die mense verwyder moet word omdat hulle nie op die grond kan bly sonder dat daar dienste gelewer word nie.

Die aantal huise en erwe wat daar deur die grondbesetters uitgesit is, het sedertdien toegeneem. Sinkhuise is op die 10 m x 10 m erwe opgerig en talle daarvan is omhein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button