Local newsNews

Inwoners spring in om Modimolle skoon te maak

Tel op, gooi weg, sny kort, maak skoon.

Aksie Opknap, ’n groep ywerige inwoners en Marlene van Staden, die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, het die afgelope twee weke hard gewerk om inwoners te inspireer om Modimolle op te ruim.

Van Staden het verskeie skole in die omgewing besoek. Haar boodskap was dat die netheid van die dorp almal se taak is en elkeen moet bydra. Sy wil dié skoonmaakdag ’n jaarlikse instelling maak. Inwoners kla gereeld oor gras op munisipale grond wat nie gesny word nie en die verwaarloosde toestand van die begraafplaas.

’n Groot skoonmaakprojek word vir die komende naweek beoog. Verskeie skole loods op Vrydag 26 April hul eie opknap-projekte. Die Aksie Opknap-span sal op Saterdag 27 April vanaf 08:00 tot 14:00 saam met verskeie vrywilligers die begraafplaas opruim. Hulle nooi inwoners om die dag saam hulle moue op te rol en hul bossiekappers, grassnyers en snoeiskêre, streep- en swartsakke, harke en grawe te bring om die begraafplaas te tem.

“Kom help ons, al is dit net vir ’n uur of wat,” het Erna Human van Aksie Opknap genooi.

Dit sal die groep se eerste projek wees.’n Soortgelyke projek vind in Phagameng plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button