Local newsNews

Vaalwater se vroue ‘toor’ met allerhande herwinbare materiaal

Die Vroue Landbou-unie (VLU) van Vaalwater het op Woensdag 27 Maart hul maandvergadering gehou.

Die lede het herwinbare materiaal ingespan en die mooiste ornamentele balle daarmee gemaak.

Berdine van Staden, skakelbeampte, het gesê die vroue het op kreatiewe wyse koerantpapier en pampoensakke gebruik om dié dekoritems te maak.

Ina Kotze, voorsitter, was die waardige wenner op takvlak en het ’n handige koopbewys gewen.

Die volgende vergadering is op Dinsdag 30 April om 09:00 by die Gereformeerde Kerk in Vaalwater. Daar sal onder meer houtklerehangers versier en omskep word in handige gebruiksartikels vir gordels, dasse en krale.

Almal is hartlik welkom.

Bel vir Berdine van Staden by tel. 079 111 7876 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button