Local newsNews

Bekende Bela-Bela-boer word begrawe

’n Jarelange inwoner en bekende boer van Bela-Bela, Hennie (Boet) Swanepoel (73), is op Sondag 28 Maart by sy huis oorlede nadat hy ’n hartaanval gehad het.

Swanepoel het sedert 1957 in die Bela-Bela-omgewing gewoon en skoolgegaan. Hy het direk ná skool by boerdery betrokke geraak.

Volgens sy familie was hy ’n suksesvolle grenadellaboer en ook bekend as een van die grootste grondboontjieboere in die omgewing. Sy plaas is in die Eersbewoond-omgewing buite die dorp.

Hy en sy vrou, Noreen, is in 1966 getroud en het drie kinders gehad. Die egpaar het onlangs hul 53ste huweliksherdenking gevier.

Die familie onthou hom as ’n vrygewige, vriendelike en lojale man. Hulle sal sy teenwoor-digheid en ondersteuning baie mis.

Sy begrafnis was op Woens-dag 3 April vanuit die Nuwe Apostoliese Kerk in die dorp. Hy laat sy vrou, Noreen, en sy drie kinders, Judy Fivaz, Belinda Barnard en Fanie Swanepoel agter.

Hy was ook die gelukkige oupa van een kleinkind.

Related Articles

Back to top button