Local newsNews

Droomvroue reik uit

“God het wonderbaarlik voorsien en ons was omtrent 25 vroue. Die saadjie vir Droomvrou is daar geplant.”

Droomvrou is ’n vrouebediening wat ongeveer sewe jaar gelede in Mookgophong die lig gesien het.

Die groep staan onder leiding van Charlotte Maidment van Mookgophong en saam met haar is ’n doelgerigte span vroue uit Mookgophong, Bela-Bela, Mokopane en selfs Polokwane.

“Die Here het dit op ons harte gedruk om uit te reik na alle ander vroue, ongeag ras, agtergrond of geloofsoortuiging. Vroue is vir Hom kosbaar en Hy wil graag met elke vrou in ’n verhouding staan,” het Maidment aan Die Pos gesê.

Volgens Maidment het die vroue geroepe gevoel om ’n gratis kamp te reël.

“God het wonderbaarlik voorsien en ons was omtrent 25 vroue. Die saadjie vir Droomvrou is daar geplant,” het sy vertel.

Ná die eerste kamp het Droomvrou begin groei deur ’n paar vriendinne wat weekliks bymekaar gekom het rondom die Woord van God. “Niemand het ooit enige menings op mekaar afgedwing nie en ons het suiwer by die Woord gehou. Vroue van alle denominasies het begin inskakel en so het Droomvrou gegroei tot waar dit vandag is.”

Die doelstelling van Droomvrou is om vroue te leer om ’n persoonlike verhouding met die Here te hê. Daar is geen ouderdomsbeperking nie en almal is welkom.

Hierdie groep vroue het reeds ses suksesvolle kampe gereël en beoog een in 2019.

Hulle het ook reeds twee ma- en-dogterkampe aangebied wat gewoonlik in September plaasvind.

Kampe se getalle word beperk tot 50 vroue sodat gehalte aandag gebied kan word.

Die groep bied ook ondersteuning aan vroue in nood.

Vir navrae oor die projek, bel vir Charlotte Maidment by tel. 084 5743 299. Droomvrou het ook ’n Faceboekblad.

Related Articles

Back to top button