Local newsNews

Dié vroue stof Vaalwater behoorlik af

Vaalwater se Vroue Landbou-unielede (VLU) het op Dinsdag 26 Februarie ’n propvol agenda tydens hul maandvergadering gehad.

Dié flukse vroue het ’n Zwerfie-projek van stapel gestuur waar elke lid buite hul “erfies” skoonmaak.

Op hierdie wyse wil hulle poog om die hele dorp skoon te maak. Die tema van die maand is juis “Ons omgewing”, het Berdine van Staden, skakelbeampte, aan Die Pos gesê.

Die vroue het voor die perseel van die Gereformeerde Kerk skoongemaak, asook voor Laerskool Vaalwater, waar baie voetgangers daagliks heen en weer beweeg na die winkels langs die R33.

Kotie Hedin, een van die lede, het gesê dat hulle met die bekende Afrikaanse spreekwoord: Jy moet jou swaarkry met lekkerkry klaarkry, kan identifiseer.

Met die volgende vergadering op Woensdag 27 Maart, is die tema “Kinders in ’n plek van veiligheid”. Esbé Joubert sal die spreker wees en oor die gesinslewe gesels.

Vaalwater-VLU nooi almal hartlik uit om saam te kom kuier.

Related Articles

Back to top button