Local newsNews

Kreunende boekrakke wag op lesers

Die stampvol boekrakke by die Leeskring in Modimolle kreun onder die vrag van lekkerleesboeke wat hul dra.

Die voorraad boeke is die afgelope week weer aangevul met nuwe, sowel as geskenkte boeke. Boekwurms kan daar gaan aanklop as hulle in die bui is vir romanse, ’n wilde jaagtog deur stadstrate of ’n moord wil oplos.

Die nuwe Afrikaanse boeke sluit in Kainsmelk van Annelie Botes, Die Skilpad se Laaste Traan van Carol Campbel, Judasbok van Wynand du Toit, ’n Skyfie Glas van Erika Murray-Theron, Ek wens, ek wens van Zirk van den Berg, Al Wat Oorbly van Santie van der Merwe, Medusa van Rudie van Rensburg, Die Verevrou van Jan van Tonder, Bos van Jaco Wolmarans en Jagter van Bettina Wyngaard.

Op die Engelse boekrak pryk The Collectors van David Baldacci, My Name is Anna van Lizzy Barber, Two Kinds of Truth van Michael Connelly, Charlatans van Robin Cook, Day of the Dead van Nicci French, The Silkworm van Robert Galbraith, Cold, Cold Heart van Tami Hoag, Sleep no More van P.D. James, Denial van Peter James, The Great Alone van Hannah Kristin, Tall Order van Stephen Leather, Believe Me van Susan Lewis, Macbeth van Jo Nesbo, Captive van Tony Park, The First Lady van James Pattterson, Come Sundown van Nora Roberts en The Good Daughter van Karin Slaughter.

Die volgende boeke is aan die Leeskring geskenk: Heads You Win van Jeffrey Archer, Death Message van Mark Billignham, Echoes van Mauve Binchy, Broken van Marina Cole, Loving Frank van Nancy Horan, Not Dead Yet van Peter James, Blind Fury en Royal Flush van Lynda La Plante, 6th Target en Toys van James Patterson, I Dared to Call Him Father van Bilquis Sheikh en Killing Kebble van Mandy Wiener.

Lesers kan hul leesvoorraad aanvul op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00. Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 (voorheen Hospitaalstraat) in Modimolle.

Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Back to top button