Local newsNews

Valies se VLU-vroue vou papierkrale

Die lede van Vaalwater se Vroue Landbou-unietak (VLU), wat reeds in 1956 gestig is, is nog baie aktief en leer graag nuwe vaardighede aan.

Ina Kotze is vanjaar aan die stuur van sake. Die tema vir vanjaar se werksaamhede is “My omgewing”.

Die doelstellings van die VLU bly deurgaans om vroue se wêrelde te verruim en hulp en opleiding te verskaf sodat vroue hul talente tot diens van hul onderskeie gemeenskappe kan aanwend.

Projekte waaraan die Vaalwater-VLU vanjaar werk, sluit in die maak van papierkrale en die vul van genade-handsakke (Handbags of Grace) waar hulle ou handsakke vul met items aan nuwe mammas wat ondersteuning nodig het. Taklede gaan ook ’n projek met die naam Blankets of Love aanpak. Enige donasies van ou komberse kan by Cate-a-bake in Modimolle afgegee word.

Die papierkrale is vanjaar een van die tak se kompetisie-artikels. Die kompetisie-artikels gaan elke maand met ’n demonstrasie gepaard.

Berdine van Staden, skakelbeampte van die tak, het aan die Pos gesê die tak se Facebook-blad sal hopelik die inwoners van Vaalwater inspireer om saam met hulle aan die verskillende projekte te werk en by die tak aan te sluit.

Vir navrae bel vir Van Staden by tel. 079 111 7876.

Related Articles

Back to top button