Local newsNews

Modimolle se VLU-vroue het besige jaarprogram

Die besige lede van die VLU-Nylstroomtak pak die jaar aan met die tema “Omgewing en veiligheid”.

Raadslid Sarna Groenewald het die groep vroue op Dinsdag 22 Januarie toegespreek oor hoe vroue hulself kan beveilig. Groenewald se boodskap was dat Modimolle ’n ryk geskiedenis en pragtige omgewing het en dat mense meer daarvan moet maak. Om hulself te beveilig, het sy die vroue aangemoedig om meer betrokke in hul omgewing te raak en te weet wat om hulle aangaan. Mense moet betrokke raak by organisasies, inspring en die dorp help skoon maak en hulp in Phagameng, waar dit besonder swaar gaan, aanbied, het sy gevra.

Marinda Slabbert, wat gesiggestrem is, is aangewys as die VLU-Nylstroom se Vonkelvrou van die Jaar. Volgens die ander lede is sy ’n inspirerende mens wat op verskeie gebiede uitstaan.

Die tak het ook tydens die byeenkoms hul jaarlikse miniskou aangebied met handwerkartikels wat lede die afgelope jaar gemaak het. Dorothy de Beer was die lid wat die meeste punte ingesamel het en Marinda Slabbert, wat gesiggestrem is, is aangewys as Vonkelvrou van die Jaar.

Die unie was ook bevoorreg om Hansie de Beer se 90ste verjaardag saam met haar te vier. Sy beoordeel steeds die gebottel- en gebakafdeling en met haar goeie kennis en oë glip foute nie sommer ongesiens verby nie.

Vir meer inligting bel vir Elsa du Plessis by tel. 082 707 9506.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button