Local newsNews

Valentynsdag: Koek en wyn vir jou Valentyn

Dit is nie nodig om die liefde in ’n duur restaurant te vier nie.

Trek jou beste, blinkste aandrok aan, maak die lippe rooi, wikkel die tone in daardie spykerhakke en vier Valentynsdag tuis saam met jou geliefde.

Dit is nie nodig om die liefde in ’n duur restaurant te vier nie. Die Pos gee graag wenke hoe om tuis ’n spesiale tafel te dek en romanties te wees.

Ons het kerse gekies om ’n romantiese atmosfeer te skep. Vir die warmte en knus gevoel het ons die tafel in die kombuis getooi. Speel gerus jul gunstelingplaat op die draaitafel en maak sommer so tussen die gange van die maal ’n paar heerlike draaie op die maat van die musiek.

Kerse skep ’n romantiese atmosfeer. Vir die warmte en knus gevoel is hierdie kombuistafel mooi getooi.

 

Dek met mooi glase en houtharte in verskeie kleure of versier met papierharte wat jy koop of self maak.

Rooi is kenmerkend die kleur van liefde. Gebruik alles wat rooi is en verras hom selfs met rooi fluweelkoek, sjokolade, wyn en sy gunstelinggereg.

Vir die tweede tafel het ons met rooi borde gedek en sommer rooi hibiskusblomme uit die tuin gebruik. Die “tafelloper” is van pikantrissies gemaak, maar aarbeie sal uitstekend werk en kan sommer van die tafel af geëet word.

Plaas ’n klein houtstaander by die borde waarop julle vir mekaar ’n kosbare liefdesboodskap kan skryf.

Maak nie saak hoe of waarmee jy jou tafel dek nie, druk jou eie stempel af en geniet die aand saam met jou geliefde Valentyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button