Local newsNews

Vroue spring in om dorp te verfraai

“Ons beplan om elke Saterdag êrens op te ruim en netjies te maak.”

’n Groep vroue van Mookgophong het op Saterdag 19 Januarie met grawe en spitvurke ingespring en die dorp begin opknap.

Die projek staan onder leiding van Daleen Buchling, ’n inwoner van die dorp. Buchling het aan Die Pos gesê sy het besluit dit is nóu tyd om skouer aan die wiel te sit en ’n verskil in die dorp te maak.

“Ons beplan om elke Saterdag êrens op te ruim en netjies te maak,” het sy gesê.

Philip van Staden van AfriForum het ook hand bygesit en sy steun aan dié organisasie beloof. Volgens Buchling het verskeie individue en sakelui in die dorp bydraes gemaak vir die skoonmaakprojek. Remco van der Biezen het ook sy vragmotor beskikbaar gestel om tuinvullis te verwyder.

Die groep staan bekend as Naboom Challenge en Buchling versoek ander inwoners om ook betrokke te raak.

“Hoe meer hande, hoe ligter is die werk en hoe meer kan gedoen word,” sê sy. Sy beplan ook om die stormwaterslote skoon te maak en die sypaadjies netjies te maak. Onkruiddoder is geskenk en sal oral op die sypaadjies gespuit word om te verhoed dat onkruid die sypaadjies oorgroei.

“Die gemeenskap moet besef dat ons almal hier woon en almal gebruik dieselfde pad. Dit sal tog vir elke inwoner lekker wees om te sien dat alles netjies en georden is wanneer jy dorp toe gaan,” het Buchling gesê.

Buchling het gesê hulle is baie dankbaar vir alle skenkings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button