Local newsNews

Vlakte-tak se lede kuier onder maroelaboom

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Vlakte-tak het my hul eerste vergadering van 2019 op Dinsdag 15 Januarie waardering en kennis van die maroelaboom gedeel.

Dié spesie is een van die twee bome wat VLU-lede regoor Limpopo vanjaar sal bespreek. Hulle moedig ook mense aan om dié boom aan te plant. Die ander boom is die appelblaar, wat nie volop in die Waterberg is nie.

 

Lede van die VLU se Vlakte-tak Femke Fourie, Theresa Olivier, Aletta Havenga, Esmé Read en Ansie Pretorius, onder die skadu van die groot maroelaboom op Linda van Heerden se werf.

Linda van Heerden, boomliefhebber en lid van VLU se vlakte-tak, het die maroela (Sclerocarya birrea) aan die hand van Fotogids tot Bome van Suider-Afrika (Braam van Wyk, Piet van Wyk, Ben-Erik van Wyk) bespreek. Van Heerden woon op die plaas Maroelasfontein en het verskeie maroelabome op haar werf.

Soos in die boomgids bespreek, dra die maroela vlesige vrugte wat geelryp word nadat dit afgeval het. Sy het aan die lede voorbeelde hiervan gewys en ook van die harde pit met twee of drie saadskedes waarin maroelaneute voorkom. Van Heerden het onder meer genoem dat hierdie neute ’n groot lekkerny vir haar honde is.

VLU Noord wys jaarliks mense aan wat gedurende die jaar aan al die lede van Limpopo bekend gestel sal word. Vanjaar se lys sluit bekendes in soos prof Louis Changuion, geskiedskrywer, dr. Theo de Jager, bekende landbouleier, en die gewilde sanger en liedjieskrywer Jakkie Louw.

Related Articles

Back to top button