Local newsNews

Kunstige vroue onderneem prettige uitstappie

“Die uitstappies wat ons elke jaar onderneem is nie net op kuns gemik nie, maar ook om ons kennis te verbreed oor dinge wat mooi is en dit wat waarde toevoeg tot ’n mens se lewe.”

Die Kat Kom Weer-kunsateljee in Mookgophong het op Saterdag 12 Januarie hul jaarlikse kunsuitstappie na die pragtige Ludwig’s Roses-roosplaas buite Pretoria onderneem.

Die vroue het die fel hitte trotseer om meer van rose en die verbouing daarvan te leer. Die dag is gekenmerk deur ’n heerlike gesellige atmosfeer van lag en ontspanning.

Elke vrou het die geleentheid gekry om foto’s van die rose te neem om later tydens die kunsklas op doek vas te lê. Hulle het ook ’n heerlike middagete geniet.

“Die uitstappies wat ons elke jaar onderneem is nie net op kuns gemik nie, maar ook om ons kennis te verbreed oor dinge wat mooi is en dit wat waarde toevoeg tot ’n mens se lewe,” het Corietha Müller van die kunsateljee gesê.

Ludwig Taschner, eienaar na wie die plaas vernoem is, is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland gebore. Hy het in 1962 na Pretoria verhuis en by Buss Kwekerye gewerk totdat hy in Maart 1971 Ludwig’s Roses noord van Pretoria begin het. Die kwekery is wêreldbekend en het die grootste verskeidenheid roosvariëteite ter wêreld.

Die onderneming het sowat 70 werkers wat elke dag die rose versorg en verskeie roosprodukte word in die winkel verkoop.

“’n Heerlike, leersame kunsuitstappie saam met die mooiste rose,” het Marietjie van Niekerk die dag beskryf.

Related Articles

Back to top button