Local newsNews

Pa se bul!

Laerskool Warmbad het hul nuwe gr. 1-leerders op Dinsdag 8 Januarie (een dag voordat die res van die leerders skool toe kom) ontvang. Herman Steyn van Die Pos was daar om al die emosie op film vas te lê.

Dié dag kan nog lank word! Soleil Celliers hoop dat die volgende 12 jaar meer opwindend gaan wees as hierdie eerste dag op skool.

 

Willem Mostert praat vir Joshua moed in en sê dat hy weet hoe lekker skool was en hy wat pappa Willem is, sal sorg dat almal veilig skoolgaan.

 

Diwan Kotze is dalk nie gelukkig met die vooruitsig van 12 jaar op die skoolbanke nie, maar hy het aan mamma Suzanne verseker die dag se verloop was baie lekker.

 

Tradisie leef voort by Laerskool Warmbad. Lukas Janse van Niewenhuizen en Soleil Celliers volg in hul ouers se voetspore. Boonop is albei se grootouers, Louis Fourie en Bettie Celliers, aan die Laerskool Warmbad verbonde.

Related Articles

Back to top button