Local newsNews

Laventel-oesdag ’n groot sukses

Die Liefland-laventelplaas buite Roedtan het op Saterdag 1 Desember hul jaarlikse oesdag gevier.

Daar was meer as 100 gaste waarvan sommiges van sover as Lephalale gekom het om heerlik tussen die laventel te kuier. Die besoekers kon ook sien hoe die laventel gedistilleer word om suiwer laventelolie te verkry.

Liefland Lavender het in September hul eerste inligtingsdag gehou en volgens Rouxlette de Beer en Wilna Niemann, wat hierdie geleenthede gereël het, is hulle verras met die opkoms. Hulle beoog baie sulke geleenthede in die nuwe jaar. Daar was keurige gebak met laventel en ’n verskeidenheid ander produkte te koop. De Beer se ma, Ralie Duvenage, is ’n bekende skilder en het haar pragtige werke uitgestal.

Die vrouepersoneel van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het op Vrydag 23 November hulle jaarlikse vroue-uitstappie by Liefland gehou. Dit was groot pret en die vroue is met ’n keurige fees van versnaperinge onthaal.

Die eerste inligtingsdag in 2019 word beplan vir Saterdag 2 Maart. Almal is welkom.

Related Articles

Back to top button