Local newsNews

Musikant vereer vir bydrae tot boeremusiek

Boeremusiek loop al drie geslagte in die Grey-familie. Sy oupa Danie Grey se naam is in hul geslagregister opgeteken as Danie Konsertina en sy vrou as Grieta Huisorrel.

In sy huis in Modimolle, tussen sy geliefde instrumente, vertel een van die land se voorste boeremusiekvoorslae van sy liefde vir musiek.

Danie Grey is op Saterdag 6 Oktober met die Hannes Schoeman-wisseltrofee vir tradisionele boeremusiek in Suid-Afrika vereer vir sy jarelange bydrae tot boeremusiek.

Dié trofee is tydens die algemene jaarvergadering van die tradisionele boeremusiekklub aan hom oorhandig vir sy besondere diens gelewer ter bevordering en voortsetting van tradisionele boeremusiek.

Grey is reeds 34 jaar lid van die klub.

Hy het ook in Februarie ’n legende status-toekenning ontvang vir sy onskatbare bydrae tot boeremusiek.

Grey vertel dat hy reeds van 18-jarige ouderdom klavierles geneem het.

Boeremusiek loop al drie geslagte in die Grey-familie. Sy oupa Danie Grey se naam is in hul geslagregister opgeteken as Danie Konsertina en sy vrou as Grieta Huisorrel.

“My pa het meer van klassieke musiek gehou en het orrel gespeel. Hy wou gehad het dat ek ook eerder klassieke musiek speel as boeremusiek, maar my liefde het by die boeremusiek gelê,” het Grey gesê.

Grey het in 2017 ’n CD vrygestel wat in die NG Oos-gemeente in Modimolle opgeneem is.

Hy het saam met Santie Henn as orrelis en Mareli Benadé, wat dwarsfluit speel, gewerk. Die CD, Goeie Tyding Klanke, het geestelike snitte op. Hy het al 11 CD’s en ’n aantal DVD’s uitgegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button