Local newsNews

Kom beleef die Abraham Kriel-kinderhuis se wonderwêreld van liggies

“Kersliggies het ’n manier geword waarop gemeenskappe kinderhuise ondersteun.”

’n Vrolike, flikkerende Kersfees wag op inwoners van Modimolle.

Die Abraham Kriel-kinderhuis skakel op Saterdag 1 Desember vir die eerste keer hul duisende Kersliggies aan en nooi almal om te gaan kyk na dié skouspel.

“Kersliggies het ’n manier geword waarop gemeenskappe kinderhuise ondersteun en nou het die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle ook Kersliggies as donasie ontvang. Hoewel ons nog nie op dieselfde vlak as ander kinderhuise is wat bekend is vir hul liggies nie, hoop ons dat hierdie projek jaarliks sal groei,” het Gerda van der Merwe, hoof van die kinderhuis, gesê.

’n Skenker en oudinwoner van Modimolle, Hennie van der Merwe, het die liggies geïnstalleer.

Die toegangsgeld beloop R10 en voorskoolse kinders kan graits toegang kry. Daar sal volop parkering beskikbaar wees. Daar sal ook minigholf teen R5 en springkastele en ’n verskeidenheid kosstalletjies beskikbaar wees.

Die kinderhuis is in De Beerstraat 12 geleë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button