Local newsNews

Oud-Nylie sterf ná val van netwerktoring

Snyman het teen die toring opgeklim om foto’s te neem toe hy na sy dood geval het.

’n Jong man van Modimolle is dood nadat hy van ’n netwerktoring buite Vaalwater geval het.

Die 22-jarige Francois Snyman het volgens AO Petrus Lafoka, woordvoerder van die Vaalwater-polisie, teen die toring opgeklim om foto’s te neem toe hy na sy dood geval het. Die toring is op die R510 langs Shambala Private Game Lodge geleë. Dit is sowat 12 km uit Vaalwater op die pad na die Bakkerspas.

Volgens Snyman se ma, Anette Snyman, was haar seun en ’n kollega besig om te werk toe hy die kollega gevra het om van die pad te trek sodat hy ’n foto van die toring af kon neem. Snyman werk saam met sy pa, Gerhard, by sy onderneming Coopers Radio op Modimolle. Hy het in 2015 aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer.

’n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

“Francois was ’n sagte, sensitiewe mens wat die swaarkry om hom ter harte geneem het. Ons gesin neem met baie swaar harte van hom afskeid,” het Annette gesê.

Snyman laat sy pa, Gerhard, ma Annette, broer Johan en suster Anneke agter. Sy troosdiens is op Saterdag 1 Desember in die NG-Oos gemeente in die dorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button