Local newsNews

Pretloop en Kersliedere saam met Mookgophong se Magrietjies

Die pretloop van die Magrietjies-kankerhulpgroep in Mookgophong was ’n prettige affêre.

Die 3 km-pretloop is deur Karin Prinsloo en Charisma Roberts gereël en is op Saterdag 3 November by die Naboomspruit-gholfklub aangebied. Sowat 76 stappers het die oggend om 08:00 die reënerige weer en geniepsige windjie getrotseer ter ondersteuning van diegene wat onbaatsugtige werk vir kankerpasiënte doen.

Die Saterdagaand is afgesluit met ’n dans by die klub-huis en ’n plaaslike boereorkes en sanger het gesorg vir die vermaak. “Daar was heerlike kos en lekker geselskap,” het ’n inwoner wat die dag bygewoon het, gesê.

Die Magrietjies is vrywilligers wat help met die versorging en ondersteuning van kankerpasiënte in die dorp en omgewing.

Die Magrietjies het hul dank uitge-spreek teenoor al die deelnemers en borge.

“Die Magrietjies is afhanklik van by-draes uit die gemeenskap. Geldinsamelings soos hierdie is ons behoud.

“Ons is oneindig dankbaar vir die welwillendheid van die gemeenskap,” het Marthie du Plessis, voorsitter van die Magrietjies, aan Die Pos gesê.

Die groep bied ook jaarliks ’n baie gewilde Kersliedere by kersliggeleentheid aan.

Inwoners en besoekers bring elkeen hul eie stoele en sing heerlik saam. Vanjaar word dit op Vrydag 7 Desember aangebied en inwoners en besoekers word aangemoedig om dit asseblief by te woon.

Die voorsang begin reeds om 18:00 voor die Magrietjies se gebou in 6de Straat in die dorp.

Dit beloof om, soos in die verlede, ’n besonderse aand te wees.

Related Articles

Back to top button