Local newsNews

Vroue kan die wêreld soveel mooier inkleur

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se tema vir vanjaar is “Hef die vrou op”.

Ina Lessing, VLU-Noord se persoonlikheid van die jaar, het die VLU se Nylstroomtak op Dinsdag 16 Oktober hieroor toegespreek.

Sy het vertel hoe kleur in vroue se lewe ’n verskil kan maak.

“Die boodskap was dat aanhalings en uitdrukkings soms pragtig en motiverend is, maar dit hang van jou af of die boodskap wat op die foon gestuur is, werklik lewe kry,” het Elsa du Plessis, skakelbeampte, tydens die byeenkoms vertel.

“Sy het aan die vroue gesê hulle moet leer om nie voor te gee nie: aanvaar jouself met foute en al. Iemand anders se lewe lyk dalk meer kleurvol, maar een kleur maak nie ’n reënboog nie. Elke vrou se kleur is nodig om die kaleidoskoop van kleure in die reënboog te voltooi. As jy dink jou kleur is swart of grys, onthou die wolke is nodig om ’n reënboog voort te bring.”

Lessing se boodskap was dat mense kleur aan mekaar se lewens moet gee. “Dit is belangrik om mekaar te leer ken. Stel doelbewus in mekaar belang oor wie ons is en nie oor wat ons doen nie. Die beste geskenke kom uit die hart en nie uit ’n winkel nie,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button