Local newsNews

Verkeer ontwrig ná ongeluk op N1, mense dood

Sommige van dié voertuie is tydens die ongeluk van die vragmotor afgeslinger en beskadig.

Die verkeer in Bela-Bela is vanoggend erg ontwrig nadat ’n groot ongeluk op die N1-snelweg tussen die Bela-Bela/Settlers-afrit en die Kranskop-tolhek plaasgevind het en ’n gedeelte van die snelweg gesluit moes word.

Die verkeer word vanaf die snelweg deur Bela-Bela en daarna op die R101-pad herlei.

Voertuie het vroegoggend vanaf die snelweg tot by die Waterfront opgehoop.

Volgens Ma­tome Mo­re­mi, pro­vin­sia­le ver­keers­woord­voer­der, was twee swaar­voer­tui­e in die on­ge­luk be­trok­ke.

Een van die vragmotors het 10 ander voertuie vervoer.

Sommige van dié voertuie is tydens die ongeluk van die vragmotor afgeslinger en beskadig.

Na wat verneem word is twee mense dood en sewe ander beseer.

Die ongelukstoneel op die snelweg word volgens Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit se woordvoerder, Ka­be­lo Mo­si­to, opgeruim en kan tot 13:00 vandag duur.

Hy het ’n beroep op motorrryers gedoen om geduldig te wees met die druk verkeerstoestande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button