Local newsNews

Groot pret in Kleinmond

Elkeen van die 15 huise moes geld insamel om die kinders se verblyf, wat teen ’n verlaagde tarief bekom is, te dek.

’n Projek om geld in te samel sodat inwoners van die Abraham Kriel-kinderhuis see toe kan gaan, was suksesvol en Huis Kiepersol se kinders en huisouers speel reeds op die strand.

Elkeen van die 15 huise moes geld insamel om die kinders se verblyf, wat teen ’n verlaagde tarief bekom is, te dek. Die huis wat R15 000 kon insamel, kon op vakansie gaan. Die kinderhuis het die kinders se vervoer en etes betaal en ondernemings in Kleinmond, waar hulle tuisgaan, sal verskeie uitstappies vir die kinders borg.

’n Slaghuis in Bela-Bela het ’n vleispakket geskenk en lootjies is verkoop. Cecilia van As was die wenner van die R1 000-pakket en Flip Boshoff het die R650-pakket gewen tydens die trekking op Dinsdag 25 Septem-ber. ’n Kontantprys van R 1500 is ook deur ’n inwoner gewen.

Huis Kiepersol, waar Fanie en Wanda Pieterse huisouers is, hou vanaf Saterdag 29 September tot Saterdag 6 Oktober heerlik vakansie.

“Ons wil elkeen wat op die vorige koerantberig gereageer het en ’n donasie gemaak het, bedank vir hul bydraes. ’n Baie groot dankie aan Lenie Maré vir haar inisiatief en reëlings met die vakansie,” het Gerda van der Merwe, hoof van die kinderhuis, gesê.

Related Articles

Back to top button