Local newsNews

Wind keer nie Kansa-ondersteuners by ‘Relay’ nie

Nie eers die stormsterk wind kon hierdie dag onderkry nie.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Waterberg-tak het op Saterdag 8 September die Kansa Relay for Life-byeenkoms by ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela se gholfbaan aangebied.

 

Hierdie groep vroue het die verrigtinge met ’n dans vir die skare geopen. Hulle het onder leiding van Wandi van Wyk, plaaslike dansinstrukteur, opgetree.

 

Adolph Vosloo, sakeman van Bela-Bela, hou sy hoed styf vas terwyl hy aan die oefenfietsaktiwiteit deelgeneem het. Die wind het sterk gewaai, maar dit het nie Vosloo se geesdrif geblus nie.

 

Die doel van die byeenkoms was om mense bewus te maak van die gevare van kanker, om geld vir Kansa in te samel en om kankerlyers en –versorgers te eer.

Ondanks sterk wind, het deelnemers soos “superhelde” aangetrek en baie pret gehad.

Related Articles

Back to top button