Local newsNews

Negester-inwoners vier nuwe seisoen met lentestap

Meer as 130 mense het aan Negester se eerste lenteloop buite Bela-Bela deelgeneem.

Inwoners van die Negester Klein-Kariba-landgoed buite Bela-Bela het op Saterdag 8 September hul eerste sosiale geselligheid, ’n lenteloop, buite die dorp aangebied as deel van die landgoed se sosiale program.

 

Tino Erasmus, hoof van Negester se sportkomitee, open die lenteloop met ’n simboliese lintknip. Links van hom is Annemie Erasmus, hoof van Negester se sosiale projekte.

 

Bines en Ronel Schoeman het die lenteloop op hul elektroniese bromponies aangepak.

Ongeveer 130 mense het aan die geleentheid deelgeneem waar hulle vanaf Negester se hoofingang na die R101-pad en terug gestap het.

Related Articles

Back to top button