Local newsNews

Hef die vrou op, hoor VLU

Die Vroue Landbou-unie (VLU) slyp al dekades lank volwasse vroue se vaardighede en lei hulle op.

Dié organisasie bestaan reeds 87 jaar en het sy oorsprong uit landbou in Suid-Afrika en Namibië. Die VLU se tema vir vanjaar is “Hef die vrou op”.

Sr. Wilna van den Heever van Kansa in Modimolle het die Nylstroomtak op Dinsdag 21 Augustus hieroor toegespreek tydens hul byeenkoms by die Abraham Kriel-kinderhuis in die dorp.

Van den Heever was voorheen voorsitter van dié VLU-tak.

Die vroue het gehoor hoe VLU-lede deur die jare hul voorskote verruil het om meer te hoor oor beplanning oor ekonomiese tydsbestuur, identifisering van behoeftes, bestuur van geldsake, ekonomiese groei en ontwikkeling — alles in ’n geïntegreerde omgewing. Kompetisies vorm steeds ’n integrale deel van hul werksaamhede.

Die VLU is geaffilieer by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue. Daar is wêreldwyd meer as 420 organisasies met nege miljoen lede van 75 lande wat by dié organisasie inskakel.

“Die VLU bied so baie in soveel opsigte dat ons ons missie uitleef en die vrou ophef. Ons nooi graag vroue uit om hul uitsig op vele terreine te verbreed en aan te sluit by ’n wonderlike organisasie,” het Elsa du Plessis, die tak se skakelbeampte, gesê.

Related Articles

Back to top button