Local newsNews

Warmbad Veemark-skou was ’n reuse sukses

Die beesrasse wat veral uitgestaan het, was Brahmane, Limousine en Simentalers.

Die Warmbad Veemark-skou wat van 16-18 Augustus buite Bela-Bela aangebied is, was volgens die organiseerders ’n groot sukses.

Die kampioen Limousine-koei wat tydens die Warmbad Veemark-skou die beoordelaars laat gons het, behoort aan Kobus van Tonder van Polokwane. Op die foto is Van Tonder met sy pragdier en sy toekennings.

Daar was talle uitstallers en veeboere wat hul spogkuddes ten toon gestel het.

Meestervleismakers van sover as Wellington in die Kaap het die heerlikste prego-broodjies tydens die skou verkoop. Besoekers was veral versot op die unieke vleiserige smaak van die broodjies.

Die beesrasse wat veral uitgestaan het, was Brahmane, Limousine en Simentalers. Daar word beoog om die skou weer aanstaande jaar in Augustus aan te bied.

Foto’s: Herman Steyn

Related Articles

Back to top button