Local newsNews

Hierdie stoomenjin loop nog volstoom!

Coetzee het die lokomotief aanvanklik gekoop om mielies te maal en water te pomp.

Koos en Karin Coetzee spog met ’n baie handige stoomlokomotief op hul plaas Uitval buite Vaalwater.

Dié lokomotief het selfs ’n toeter om te wys hoe naderende gevaar destyds hanteer is.

Coetzee het aan Die Pos vertel sy oorlede pa, Nick Coetzee, en sy ma, Sophia (83), het die stoomlokomotief by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë gekoop terwyl hy in die laerskool en sy twee susters, Rina en Hester, nog in die huis was.

Sy pa het die lokomotief aanvanklik gekoop om mielies op Uitval te maal en water te pomp. Die stoomenjin het later ook gesorg vir warm water, die natlei van die tuin en kon tot vyf hektaar gesaaides besproei. Hulle gebruik die lokomotief vandag nog om warm water aan die huis te voorsien.

Sophia het vertel dat sy nog steeds die dag onthou toe die stoomenjin per trein by die Vaalwater-stasie afgelaai is. Die destydse plaaslike polisiekaptein het saamgestem dat die lokomotief te swaar was vir ’n sleepwa. ’n Trekker is met ’n stang ingespan om die lokomotief die 22 km plaas toe te trek. Dit het sowat twee en ’n half uur geneem, het Coetzee onthou.

Volgens die Coetzee’s is die familie baie geheg aan die lokomotief en roep dit vir hulle baie spesiale herinneringe op.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button