Local newsNewsBreaking News

Politieke ontleder skets senutergende prentjie

OP DIE GROND: Die politieke ontleder prof. André Duvenhage van die Noordwes-Universiteit, was een van die sprekers tydens Agri Limpopo se kongres wat op Woensdag 22 Augustus by Weesgerus-vankansieoord buite Modimolle gehou is.

Duvenhage het gesê dat boere die perspektief moet draai en landsburgers laat besef dat boere – wit en swart – die land se goud is.

“Ons het leierskap nodig wat die verbeelding aangryp – hoekom het ons bang geword om standpunt in te neem?” het hy gevra. “Die volgende ses maande gaan die moeilikste wees sedert die post 1994-era,” het hy gewaarsku.

“Die ANC is besig met ’n groot stryd om te oorleef. Die party kan groot skade aanrig in hul stryd om te wen.”

Hy het georganiseerde landbou aangemoedig om alles in die stryd te werk om eiendomsreg in Suid-Afrika te behou.

 

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder, het tydens Agri Limpopo se kongres georganiseerde landbou aangemoedig om alles in die stryd te werp om eiendomsreg in Suid-Afrika te behou.

 

Hy het ’n senutergende prentjie geskets van ’n land wat op ’n mespunt hang. Hy het gesê dat die volgende nege na twaalf maande kritiek is vir die staatkundige ontwikkeling van die land. Besluite wat nou geneem word, sal verrykende gevolge hê vir die volgende vyf na tien jaar.

Duvenhage glo dat dit nie ’n uitgemaakte saak is dat president Cyril Ramaphosa stewig in die ANC-saal is nie, maar het gesê as Ramaphosa ná die verkiesing aan die stuur van die ANC is, dit die beste scenario vir landbou sal wees.  Hy het gesê dat landbou moet verwag dat Ramaphosa ’n vroeër verkiesing kan roep, selfs so vroeg as Februarie aanstaande jaar, om die Zuma-faksie se mobilisering te strem.

 

Lees ook: Grondsake is op almal se lippe

Related Articles

Back to top button