Local newsNews

Oud-Hansie word operaster

Dit is ’n baie goeie kursus wat studente gereed maak vir die werksomgewing deurdat hulle produksies opvoer wat hulle voorberei op die lewe ná hul studies.

Die 19-jarige Anne-marie Mailovich, ’n oudleerder van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het op Woensdag 8 Augustus haar debuut as operasanger in die Breytenbach-teater in Pretoria gemaak.

Mailovich het in 2016 gematrikuleer en studeer aan die Tshwane-Universiteit van Tegnologie se kunskampus.

Sy is in haar tweede jaar en studeer Vocal Art: Performance. Dit is ’n program wat studente op elke vlak help om ’n suksesvolle operasanger te kan word, het sy gesê.
Die studies behels ook verskeie praktiese en teoretiese vakke. Tale, geskiedenis, klavier, drama en sanglesse is deel van die kursus.

“Dit is ’n baie goeie kursus wat studente gereed maak vir die werksomgewing deurdat hulle produksies opvoer wat hulle voorberei op die lewe ná hul studies. Ons kry baie geleenthede om deel te wees van konserte en ander produksies,” het sy gesê.

“Ons departement voer elke jaar ’n produksie op. Ons dosente en hoof van die departement het vanjaar besluit op W.A Mozart se Opera Buffa (Comedy) Le Nozze Di Figaro/Die Huwelik van Figaro. Ons moes deur twee oudisies gaan waar hulle ons gereedheid vir die rolle getoets het,” het sy aan Die Pos gesê.

Mailovich vertolk die rol van die jong seun Cherubino. Dit is ’n Tradisionele Broekrol (Hosenrol) waar ’n vrou die rol van ’n jong seun vertolk.

Mailovich is al sedert 2013 elke jaar gekies as deel van Suid-Afrikaanse span wat in Los Angeles aan die wêreldkampioenskap vir die kunste deelgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button