Local newsNews

Rotariërklub erken gemeenskap

Die Warmbad Rotariërklub het op Saterdag 21 Julie ’n gesellige geleentheid by Tuintuiste in Bela-Bela aangebied waartydens lede vir hul rol in die gemeenskap erken en ’n nuwe klubpresident aangewys is.

Die klub is betrokke by verskeie liefdadigheidsprojekte in die omgewing en bied ondersteuning aan die gemeenskap deur van plaaslike en selfs internasionale hulp gebruik te maak.

Die Warmbadklub het reeds twee presidensiële toekennings by die internasionale Rotariërklub ontvang vir hul rol in die gemeenskap.

Val Marais, klublid, het ’n spesiale toekenning in die Rotariërkringe ontvang. Sy is tydens die geleentheid as ’n Paul Harris Fellow erken omdat sy ’n reusebydrae tot die Rotariërklub gemaak het. Op die foto is Mark Rainier, uittredende klubpresident, Marais en Charles Deiner, Rotariërklub-distriksgoewerneur van distrik 9400.
Matilda Schwartz, klublid, het ’n spesiale toekenning by Mark Rainier, uittredende klub-president, ontvang omdat sy die klublede gereeld aangemoedig het om projekte en take uit te voer. Op die foto is Rainier en Schwartz met haar gesogte “lepeltrofee”.

Related Articles

Back to top button