Local newsNews

VLU-vroue geniet smaaklike plaasontbyt

Lede van die VLU-Soetdoringstreek het heerlik weggelê aan ’n plaasontbyt tydens hul kuier by die bekende konfytvrou, Ina Lessing.

Die vroue het op Donderdag 12 Julie op die Lessings se plaas buite Modimolle besoek afgelê. Lessing is vanjaar aangewys as die VLU-Noord se Persoonlikheid van die Jaar.

Die 90 lede, asook Leanda le Cornu, VLU-Noord se president, en Lilian Weber, Soetdoringstreek se voorsitter, het die ontbyt saam geniet.

Die VLU-Soetdoringstreek het heerlik weggelê aan ’n plaasontbyt tydens ’n kuier by die bekende konfytvrou, Ina Lessing, wat aangewys is as vanjaar se VLU-Noord Persoonlikheid van die Jaar. Altesame 90 lede het die ontbyt op die Lessings se plaas buite Modimolle bygewoon. Foto: Herman Steyn

Lessing se boodskap aan die vroue was om hul drome te droom al beteken dit harde werk. As ’n mens volhard, sal jy die vrugte, of soos in haar geval die konfyt, van jou arbeid pluk en geniet. Lessing se konfyt en ingemaakte vrugte is landwyd bekend. Dié entrepreneur se volgende uitdaging is om ’n verskeidenheid beskuit en kleinkoekies te versprei.

Die bevordering van entrepreneurskap is een van VLU-Noord se projekte.

“Al die gaste is daar weg met ’n botteltjie konfyt, ’n plantjie en ’n borrelende uitdaging,” het Elsa du Plessis, skakelbeampte van die Nylstroomtak, gesê.

Related Articles

Back to top button