Local newsNews

Kinderhuis vra skenkings vir naaldwerk

Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle wei hul naaldwerksentrum op Woensdag 25 Julie in.

Hulle is op soek na vrywilligers om by die sentrum betrokke te raak sodat die kinders dié vaardigheid kan aanleer.

Indien enige van die volgende items in die kas lê en stof vergaar, vra Gerda van der Merwe, hoof van die kinderhuis, dat dit eerder aan hulle geskenk word. Hulle benodig enige materiaal, maar veral katoen, gare, knope, stukkies kant, maatbande, naalde, spelde, ritssluiters, watteersel (batting), ou patrone, naaldwerk- of kwilt- en handwerktydskrifte, katoentou van enige dikte, enige soort wol en breinaalde.

Hulle is ook op soek na breipatrone, hekelnaalde en -patrone, enige soort stabiliseerder vir masjienborduurwerk, masjien-borduurgare en handborduur-gare.

Mense wat betrokke wil raak by die sentrum, kan Van der Merwe bel by tel. 082 410 2635.

Related Articles

Back to top button