Local newsNews

Deur Botswana in ’n Tazz

“Ons het vir ’n kort rukkie beroemd gevoel.”

Drie vriendinne, wat regdeur hul reis as die “Safari girls” begroet is nadat ’n televisieprogram hul reis bespreek het, het Botswana op Maandag 25 Junie met ’n Toyota Tazz aangedurf en tot by die Victoriawaterval in Zimbabwe gereis.

Hulle was op Maandag 9 Julie weer terug in Vaalwater, het Lyn Swales, finansiële bestuurder by Waterberg Academy in Vaalwater, gesê. Swales, Margaret Tagg, wat in KwaZulu-Natal woon en een van Swales se laerskoolvriendinne, asook Carol Nidd van die Noordkus, het die 3 000 km met die Tazz aangepak nadat Swales by ’n reisblad op Facebook aangesluit het.

Swales het gesê hulle kon nie self na die televisieprogram kyk nie en het vergeet om te vra op watter kanaal die program uitgesaai word.

“Ons het vir ’n kort rukkie beroemd gevoel.”

Hulle het tot groot vermaak ’n bord gesien waarop daar staan dat ’n mens nie ’n viertrekvoertuig nodig het om Botswana se opwindendste wildlewe te beleef nie.

Swales, wat ’n ouma van vier kleinkinders is, het gesê hulle het die tweede aand in Kasane oornag en regdeur ’n getrompetter van ’n trop olifante geslaap. Ander reisigers het hulle die volgende dag van die feestelike skouspel vertel. Nidd, ’n ouma van vyf, en Tagg het albei beaam dat dit ’n onvergeetlike ervaring was. Hoogtepunte was veral die Chobe- en Zambezi-vaart.

Related Articles

Back to top button