Local newsNews

Gemeenskap gee hierdie winter om

Benodighede soos tandepasta, seep, en enige item wat mense se lewens tydens die winter kan vergemaklik, is baie welkom.

Die Christus Gee Om-organisasie en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) subsektor 1 in Bela-Bela het twee projekte begin om behoeftige mense in die Bela-Bela-omgewing hierdie winter te help.

Lizane Steenkamp, stigter van Christus gee om, het gesê haar organisasie en Waterberg Toyota Bela-Bela is in samewerking met Round Table, besig met ’n jaarlikse nasionale insamelingsveldtog.

Mense kan komberse, klere, blikkieskos en soortgelyke items skenk deur dit na Toyota op die hoek van Pretoriaweg en Potgieterstraat te neem. Die inisiatief eindig op Vrydag 20 Julie, het sy gesê.

Naomi Austin, projekleier van die GPF se Give People Food-veldtog, het gesê mense kan bederfbare- en niebederfbare kos na hulle toe bring vir behoeftiges.

Benodighede soos tandepasta, seep, en enige item wat mense se lewens tydens die winter kan vergemaklik, is baie welkom, het sy gesê.

Al die skenkings sal dan onder behoeftiges versprei word.

Mense wat by hierdie projekte betrokke wil raak, kan vir Steenkamp bel by tel. 082 546 1397 en vir die GPF-projek bel vir Austin by tel. 078 545 2310 of vir Natasja Kemp by tel. 078 777 7176.

Related Articles

Back to top button