Local newsNews

Bonsaikwekers toets hul vernuf in Bela-Bela

Demonstrasies is aangebied oor die verskillende Bosveld-kontraste soos bergagtig, klowe en rots-areas.

Die Waterberg-bonsaiklub het op Saterdag 30 Junie by die Emmarentia Geldenhuys-sendingsentrum buite Bela-Bela die Ope Bonsai Streek- Assosiasie van Transvaal-geleentheid (BRAT) aangebied waartydens bonsaigeesdriftiges hul beste skeppings uitgestal en oor die groeiprosesse geleer het.

Die tema van die dag was Bosveld-inspirasie. Kenners het die besoekers toegespreek oor hoe die Bosveld hul skeppings beïnvloed.

Mack Boshoff, Kathy Steyn, Hannes Fritz en Antony Smith — die sprekers — het demonstrasies aangebied oor die verskillende Bosveld-kontraste soos bergagtig, klowe en rots-areas, sodat die lede tussen optimale en harde omgewingstoestande kan onderskei en kan leer hoe bonsais binne dié toestande gekweek kan word.

Duvan Horn, kenner, het gepraat oor sy weergawe van die Wonderboom-styl. Koos Henning, kenner in plantkunde, is genooi om oor die soort Bosveld-grond te gesels en hoe elke soort grond ’n bonsai kan beïnvloed.

Vier vinnige sessies is deur die loop van die oggend aangebied waartydens vier sprekers aanbiedings gelewer het en hul ervarings oor vier verskillende plante gedeel het.

Tricia Fourie het gesels oor die rooiboswilg, Pieter du Plessis oor die akasia, Eddie Jenner oor die dikbas en Tommy Ramiah het oor die Afrika-olyfboom vertel.

’n Kompetisie is ook gehou waartydens 15 bonsaiskeppings as die wenners aangewys is. Van die kwekers het die kompetisie met meer as een bonsai gewen.

Die wenners was Denise Cain, Jannie Olivier (drie toeken-nings), Kathy Steyn (vier toekennings), Ian Pringle (twee toekennings), Mack Boshoff (twee toekennings), James, Jessica en Maryna Hattingh.

Volgens die organiseerders was die byeenkoms die ideale geleentheid vir die geesdriftiges om hul identifikasievaardighede op die proef te stel.

Mense wat graag meer wil weet oor die Waterberg-bonsaiklub kan vir Pringle bel by tel. 083 468 3578 of stuur ’n e-pos na pringle@wisurf.co.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button