Local newsNews

Brandverbod tree in werking

"Die maak van oop vure word glad nie meer toegelaat nie."

Die maak van oop vure is nou, met die aanbreek van die brandseisoen, onwettig.

Die Bela-Bela-brandbeskermingsvereniging het dit goedgedink om die verbod op Saterdag 30 Junie te laat intree, het Arnaud le Roux van die vereniging gesê.

“Die maak van oop vure word glad nie meer toegelaat nie. Indien ’n grondeienaar brandbane om sy of haar eiendom wil maak, sal hulle slegs van meganiese metodes gebruik kan maak,” het Le Roux gesê.

“Dit is ook onwettig om asgate aan die brand te steek of blokbrande te maak. Die verbod sal eers opgehef word sodra die reënseisoen aanbreek.” Die vereniging is bekommerd oor die opgehoopte en uitgebreide grasvelde wat, ná die laaste reën voor die winter, dig groei en ’n brandrisiko is, het Le Roux gesê.

Mense wat die vereniging wil kontak, kan vir Le Roux bel by tel. 082 325 6578, Melgard Meyer by tel. 084 788 9291 of vir Chris Wagner by tel. 083 299 7487.

Related Articles

Back to top button