Local newsNews

Aftreeoord groet geliefde inwoner

Een van Kokanje-aftreeoord in Modimolle se eerste inwoners, Frikkie Robinson (91), is op Maandag 18 Junie oorlede.

Sy het sedert 1990 in die aftreeoord gewoon en was bekend vir haar groot liefde vir die veld en bome.

Sy was, volgens haar dogter Phia le Grange, ook besonder lief vir sport en het tennis gespeel solank as wat haar liggaam dit toegelaat het. “Sy het van haar geluk-kigste jare by Kokanje deurgebring,” het Le Grange gesê.

Robinson, wat vroeër as maatskaplike werker by die staatsdienskommissie gewerk het, het naby Coligny in Noordwes groot-geword. Sy is die bekende TV-aanbieder Freek Robinson se ma.

Sy laat vyf kinders Louis, Freek, Phia, Eric en Marguerite agter, asook tien kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Haar begrafnis is op Woensdagmiddag 27 Junie by Kokanje se saal gehou.

Related Articles

Back to top button