Local newsNews

Settlers se VLU-vroue leer meer by kenner oor listeriose

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Settlerstak het op Dinsdag 5 Junie vir Melindi Wyma, groep tegniese bestuurder van Eskort Limited, by die Boeresaal in Settlers ontvang.

Wyma het die lede ingelig oor die bakterie listeria wat sedert die begin van Maart in die kollig is.

Listeria is ’n bakterie wat soos ’n virus optree en die siekte listeriose veroorsaak.

Anders as enige ander bakterie, is dit nie die gifstowwe wat dit afskei wat die mens siek maak nie, maar die bakterie self, het sy gesê. Die bakterie hou van koue en vog, hou op groei by temperature onder vriespunt, maar vermeerder weer sodra dit ontdooi en word tydens die kookproses vernietig. Uiters goeie higiëne moet in die kombuis gehandhaaf word, het sy aanbeveel.

Listeriose is sedert Desember 2017 ’n aanmeldbare siekte in Suid-Afrika. Sy het verder verduidelik wat die vleis en voedsel industrie saam met die regering doen om die verspreiding van die siekte te bekamp.

Volgens die lede was dit ’n baie insigge-wende vergadering en vyf lede van die Warmbadtak en een lid van die Vlaktetak het ook die oggend saam geniet.

Dit was ook vir hulle ’n groot voorreg om Lilian Weber, voorsitter van die Soetdoringstreek, te verwelkom.

Related Articles

Back to top button