Local newsNews

Kansa kyk na mansgesondheid

Kansa gee in Junie en Julie aandag aan mansgesondheid.

Daar word op Woensdag 27 Junie en Donderdag 28 Junie ’n opedag by Kansa se kantoor in Friedbergstraat 38 in Modimolle gehou om ondersteunende dienste te lewer.

Sr. Wilna van den Heever sal die mans se bloed trek vir ’n PSA-siftingstoets om die gesondheid van die prostaat te bepaal. Dit kos R150 en die uitslae sal ná vier dae deurgegee word.

Inwoners kan ’n afspraak maak indien hulle verkies om op ’n ander dag getoets te word.

Van den Heever sal ook moesie- en velontledings doen om vroeë velkanker op te spoor. Die koste hang af van die hoeveelheid moesies wat getoets word, maar sal ongeveer R150 per kliënt beloop.

Dit is noodsaaklik om ’n afspraak te maak. Skakel tel. (014) 717 3950.
Enige navrae kan aan Van den Heever gerig word by tel. 082 493 1884.

Related Articles

Back to top button