Local newsNews

Gemeenskap reik uit na siek Claudette

’n Reusefondsinsameling word vir die kankerlyer Claudette Findlay van Modimolle beplan.

Arina de Witt tree op Saterdag 16 Junie om 15:00 by Castle de Wildt buite Modimolle op ten bate van Claudette se mediese uitgawes.

Junie is boonop die maand vir bejaardes en mense wat graag ’n verskil in ’n bejaarde se lewe wil maak, word gevra om ’n kaartjie vir “ouma” of “oupa” te borg. Op hierdie manier kan die gemeenskap ’n bydrae lewer tot Claudette se mediese behande-ling én ’n bejaarde se lewe opvrolik.

Claudette is in April met akute limfoblastiese leukemie gediag-noseer terwyl sy by ’n gesin in San Francisco, Amerika, as au pair gewerk het.

Sy is Annemarie en James Findlay van Modimolle se dogter en is ’n oudleerder van Hoërskool Nylstroom.

Die 22-jarige Claudette het sedert haar diagnose intensiewe chemoterapie in Amerika ontvang. Sy het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer waar haar mediese fonds eers in 2019 dekking sal bied. Intussen moet sy self vir haar mediese behandeling betaal.

Sy is tans tuis by haar ma en ontvang weekliks chemoterapie by die Pretoria-Oos-hospitaal onder behandeling van ’n onkoloog. Die behandeling takel Claudette se hele gestel af, maar onder omstandighede gaan dit goed met haar.

Mense wat wil help, kan hul bydrae in die volgende prokureurstrustrekening inbetaal: Anne-Marie Kotzee Prokureurstrust, Eerste Nasionale Bank, rekeningnommer 53171042633, Modimolle-takkode 260247. Die verwysing wat gebruik kan word, is 4438 en die inbetaler se naam.

Kaartjies vir die Arina de Witt-konsert kos R100 per persoon en is in Modimolle beskikbaar by Cuppa Joy-koffiewinkel in Modi Mall, PostNet, Kokanje-aftreeoord, Bosveldsig, Bosveld Biltong & Deli, Hunky Dory en by Die Pos se Modimolle-kantoor. Kaartjies kan ook by Essential Marketing in die Bosveld Mall in Bela-Bela, asook by Built It in Mookgophong gekoop word. Die konsert begin om 14:30 vir 15:00.

Vir meer inligting bel gerus vir Chris Dyzel by tel. 079 888 5442.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button