Local newsNews

Groep vroue hou van avontuur én dienslewering aan hul naaste

’n Groep vroue met ’n voorliefde vir avontuur én om hul medemens te help, het die afgelope ruk ’n mooi “spoor” in Modimolle agtergelaat.

Die Gautengse groep Adventures for Love het die Waterberg-dienssentrum besoek waar hulle die gebou se verfwerk opgeknap en die eetsaal opgekikker het. Die inwoners het elk ook ’n praktiese geskenkpakkie gekry.

Desiree Friend en Carine Fraser verf die mure van die Waterberg-dienssentrum in Modimolle. Die groep Adventures for Love het geskenkpakkies aan die bejaardes uitgedeel.

Groeplede het ook die Abraham Kriel-kinderhuis op die dorp besoek en vleis aan hulle geskenk. In samewerking met die Put Foot Rally is skoene tydens ’n geselligheid op Saterdag 12 Mei by Susan Strijdomskool op die dorp aan kinders uitgedeel. Klub Helpmekaar, wat vir behoeftige gesinne op die dorp sorg, het ook die geleentheid bygewoon. Verskeie plaaslike sakelui het ruim tot die skenkings bygedra.

Die groep vroue kombineer opwindende uitstappies met hul gemeenskapsuitreike. Van die vroue het reeds groot avonture aangepak soos om Berg Kilimanjaro in Kenia uit te klim, op die Groot Muur in China te loop, die geheimsinnige Inka-stad Maccha Pichu in Peru te besoek en het ook ’n kanovaart van meer as 100 km in die Zambezirivier aangepak.

Ná hul goeie werk in Modimolle, het die vroue die staproetes by ’n mooi reservaat buite Bela-Bela aangedurf.

Related Articles

Back to top button