Local newsNews

Toekennings en komplimente stroom in ná gewilde VLU-kongres

Die Vroue Landbou-unie Noord het op 16 en 17 Mei hul jaarlikse kongres by Weesgerus in Modimolle gehou.

Die Vroue Landbou-unie Noord het op 16 en 17 Mei hul jaarlikse kongres by Weesgerus in Modimolle gehou.

VLU Noord bestaan uit die Soetdoring-, Koraal- en Bosveldstreek. Die Soetdoringstreek, wat bestaan uit die takke van Warmbad, Sonskyn-aandtak (Bela-Bela), Nyl-stroom, Olienaandtak (Modimolle), Settlers, Vlakte, Roedtan, Naboomspruit, Potgietersrus en Aandster (Mokopane), het veral goed presteer en verskeie pryse ingepalm.

Die hoogtepunte van die twee dae was die dinamiese geleentheidsprekers, Sophia Kapp, VLU Noord se skrywer van die jaar, Merle Payne, kunstenaar van die jaar, Estie Schreiber, van SA Natural Products as spreker, Ina Lessing, persoonlikheid van die jaar en dr. Annette Martins, ’n bedryfsiel-kundige.

Die Soetdoringstreek het die trofee vir algehele wenner vir borduurwerk in VLU Noord, gewen, asook ’n trofee en sertifikaat vir masjienwerk en borduurwerk.
Die streek het ook ’n sertifikaat vir gebak ontvang.

Vir navrae oor die VLU bel vir Delia Bogaards, VLU Noord-skakelbeampte, by tel. 081 477 7374.

Almal is welkom om by dié groep aktiewe vroue aan te sluit.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button