Local newsNews

Die Pos skop weg met splinternuwe webtuiste

Die Pos trek ’n splinternuwe baadjie aan!

Die Pos is al vir etlike jare ’n huishoudelike naam in die Waterberg. Met die bekendstelling van ons nuwe webtuiste deel ons graag vyf interessanthede oor Die Pos.

Bea Emslie (bestuurder en eienaar) en Keina Swart (redakteur en eienaar) het die leisels in 2001 by Danie Stoltz oorgeneem.
Die heel eerste voorblad van Die Pos in 1982.
  1. Die Pos het in 1982 ontstaan as die Warmbad Nylstroom Pos en het net twee personeellede gehad, die eienaar Eugene Diener en sy vrou, Nicola.
    Die koerant het intussen ook in 2006 ’n susterskoerant, The Beat, bygekry. Dié twee publikasies het gesamentlik 29 mense in diens.
  2. Bea Emslie en Keina Swart is die derde eienaars van die koerant en het die koerant in 2001 by Danie Stolz gekoop.
  3. Die Pos druk elke week 6 000 koerante wat in Bela-Bela, Pienaarsrivier, Modimolle, Mookgophong en Vaalwater versprei word.
  4. Die Pos het onder meer in 2013 en 2017 die ATKV Mediaveertjie vir beste gemeenskaps- of plaaslike koerant gewen.
  5. Volg ons ook op Facebook, Twitter en Instagram vir die nuutste nuus.

Related Articles

Back to top button