Crime

Boer van Mokopane in hof vir poging tot moord op werker

’n Boer wat na bewering een van sy werkers aangerand het, moet weer op Woensdag, 20 Maart in die landdroshof in Mokopane verskyn op aanklagte van poging tot moord en verset teen inhegtenisname.

Dawie Maree (55) wat buite Mokopane boer, is verlede week in hegtenis geneem waarna die saak uitgestel is tot aanstaande Woensdag vir die aanhoor van sy borgaansoek.

Die klaer in die saak beweer hy en sy vrou is op 12 Maart na Maree se huis om sy geld te kry vir werk wat hy vir Maree gedoen het.

Volgens die klaer moes hy vir Maree ’n eenslaapkamer huis bou waarvoor hy R4 500 sou kry. Maree het hom glo net R600 betaal. Na bewering het ’n woordewisseling tussen die klaer en Maree ontstaan.

Maree het na bewering die klaer met ’n oop hand geklap waarna hy in sy voertuig geklim het en hom omgery het.  Die klaer het klaarblyklik verskeie beserings opgedoen aan sy been en is na die naaste hospitaal. Die polisie het later die dag Maree in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button