CrimeLetters

Brief: Trek jou kruisie en keer die boewe

Om jou stem te weerhou is ’n stem vir die boewe wat ons land plunder.

Gawie Richter, inwoner van Modimolle, skryf:

Die dae dat elektriese kabels gesteel word en by sekere skroothandelaars van die hand gesit word, raak min.

So ook raak die dae van ’n regering minder wat versuim om die verkoop van koper beter te reguleer. Koper moet nes goud en diamante as edelmetale verklaar word. Waarom word daar nog getalm? Hoe lank moet ons infrastruktuur nog gestroop word?

Terwyl vreemdelinge op ons land toesak en misdaad handuit ruk, is dit ons absolute plig om ons kruisies in die komende verkiesing te gaan trek.

Om jou stem te weerhou is ’n stem vir die boewe wat ons land plunder.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button