Crime

Diewe slaan helder oordag toe en steel hekmotors

Inwoners van Bela-Bela het die afgelope week weer deurgeloop onder diewe wat hekmotors gesteel het.

Gerhard Olivier, RSRT-buurtwagvoorsitter, het aan Die Pos gesê vier van hul kliënte het van Woensdag 26 Julie tot Saterdag 29 Julie deurgeloop. Volgens hom is sommige van die hekmotors se batterye gesteel en ander is van elektriese komponente gestroop.

Hy het ook gesê voorheen is hekmotors snags gesteel, maar nou het die diewe so uitgeslape geraak dat diefstalle bedags plaasgevind wanneer huiseienaars by die werk is.

“Ons weet van gevalle in Ludorfstraat, Kretzschmarlaan en Mentzlaan. Ons waarsku inwoners om hul hekmotors te beveilig. Daar is ’n raamwerk en slot op die mark beskikbaar wat om die kas van die hekmotor pas. Dit sal diewe afskrik.”

Hy raai inwoners aan om teen ’n minimale koste in te skakel by plaaslike veiligheidstrukture. Hoe meer mense inligting versprei, hoe beter kan die veiligheidsnetwerk funksioneer. Inwoners moet asseblief alle verdagte persone en bewegings aanmeld.

“As almal saamwerk, kan ons die skuldiges vastrek.”

Volgens die plaaslike polisie is slegs een saak van diefstal van hekmotors by hulle aangemeld.

Inwoners kan vir Olivier bel by tel. 079 527 9988.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button