Crime

Motordief gevonnis

’n Motordief is tot ses jaar tronkstraf gevonnis danksy die goeie werk van AO Mafiwa Nkwana van die Modimolle-polisie se eenheid vir voertuigdiefstal.

Happy Moyo (37) is op Donderdag 8 Junie in die landdroshof in Lephalale skuldig bevind op aanklagte van die besit van ’n gesteelde voertuig.

Moyo is aangekeer nadat die polisie die swart Toyota Hilux waarin hy gery het by die Groblersbrug-grenspos naby Tom Burke van die pad getrek het om te deursoek.

Die polisiebeamptes het opgelet dat daar vermoedelik aan die voertuig gepeuter is. Moyo het ook nie die korrekte dokumentasie by hom gehad nie. Moyo en ’n passasier wat saam met hom was, is in hegtenis geneem. Dié persoon was volgens alle aanduidings nie by die diefstal betrokke nie.

Die dossier is aan AO. Nkwana oorhandig om te ondersoek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button