Crime

Moordverdagte wéér borgtog geweier

Een van die mans wat beskuldig word van die moord op die jong boer, Nicky Janse van Rensburg (35) van Roedtan het weer op 7 Oktober 2022 vlugtig in die hof in Mookgophong verskyn.

Albert Mangena (33) het aansoek gedoen om borgtog.

Borgtog is geweier en hy en die ander drie beskuldigdes moet weer op Vrydag 23 Junie in die hof in Mookgophong verskyn op verskeie aanklagte waaronder moord.

Mangena het ook op Saterdag 6 Mei verskyn vir ’n borgtogaansoek waarna die saak uitgestel is tot Vrydag 26 Mei en weer na Woensdag 31 Mei, maar weens beurtkrag kon dit nie plaasvind nie. Hy voer glo aan dat sy voorvaders hom roep om opleiding te ontvang sodat hy homself en sy familie kan beskerm en daarom het hy aansoek gedoen vir borgtog.

Nicky Janse van Rensburg.

Mangena staan tereg saam met Malesela Mangena (35), Lesiba Solly Segwale en Morwantsiri Justice Mashiane (32).

Die voorval het omstreeks 17:00 op Vrydagmiddag 7 Oktober 2022 op die plaas Derdekraal in die Roedtan-omgewing plaasgevind. ’n Tienerseun wat by Janse van Rensburg en sy vriendin, Veronica Grobler, op die plaas gewoon het, is vroeër die middag in die plaashuis aangehou en hulle is ingewag toe hulle van die dorp af gekom het. Janse van Rensburg en die aanvallers was glo in ’n struweling nadat hulle die kluis se sleutel geëis het. Nadat hy in sy huis geskiet is, het die aanvallers in ’n wit Toyota Corolla gevlug met vuurwapens en selfone wat hulle in die huis gebuit het.

Drie verdagtes is kort daarna aangekeer. Albert Mangena is op Saterdag 8 Oktober 2022 in Seshego in hegtenis geneem met die voertuig twee handwapens en verskeie rondtes ammunisie in sy besit. Die polisie is op soek na die vyfde verdagte.

Hulle het op 24 Oktober 2022 vir die eerste keer in Roedtan in die hof verskyn. Die saak het landswyd aandag getrek en ’n massa boere het opgetrek om hulle onder-
steuning te wys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button